Vriendelike en flinke diens is standaard by Herberg vir Afrika. Vra gerus indien u iets benodig gedurende u verblyf by ons. Ons het tans 14 selfsorg eenhede, waarvan 5 eenhede twee slaap, en 9 eenhede vier slaap is. In totaal kan ons groepe van tot 35 mense akkommodeer. Ons eenhede is geskik vir sportspanne, reünies en troues. Groepe van 15 of meer mense kry spesiale korting. Skakel ons gerus vir meer inligting.
Dubbel eenheid - slaap 4
Hierdie eenheid is vir families of persone wat saam reis maar steeds hulle eie privaat kamer benodig. Die eenheid bestaan uit 'n goed toegeruste kombuis, badkamer met 'n stort, toilet, en wasbak, twee kamers, elk gemeubileerd met 'n dubbel bed. Een eenheid het nie 'n televisie nie.
Enkel eenheid - slaap 2
Die enkel eenhede is spesifiek vir een persoon of 'n paartjie. Hierdie eenheid is 'n goed toegeruste oopplan kombuis, kamer, gemeubileerd met 'n koningsgrootte bed, en 'n en-suite badkamer, met stort, wasbak, en toilet. Een eenheid het nie 'n televisie nie.
Elke eenheid het ‘n volledige, toegeruste kombuis met die volgende:
Stoof
Yskas
Mikrogolfoond
Ketel
Broodrooster
Breekware
Eetgerei
Potte en panne
Die badkamers het elk ‘n stort, wasbak, toilet en kabinet. Warm water word deur sonwaterverhittingsgeysers voorsien. Tydens bewolkte dae beskik hulle oor die vermoeë om van gewone krag gebruik te maak. Hierdeur verminder ons nie net ons koolstof voetspoor nie, maar hou ook so altyd ons kliënte se gerief in gedagte deur altyd warm water beskikbaar te stel.
Eenhede word daagliks skoongemaak deur ons bekwame skoonmakers. Indien gaste langer bly word die beddegoed slegs elke 3de dag vervang.
Elke eenheid beskik oor twee privaat ingange vir gaste. Daar is genoeg kaste en werksoppervlaktes in die kamers vir diegene wat vir langer termyne aanbly. Ons is trots op skoonheid, netheid en goeie kwaliteit beddens vir elkeen van ons gaste.
Om krag te bespaar en gedurende kragonderbrekings, is elke eenheid toegerus met sonkragligte. Muurproppe is dus die enigste stelsel wat geaffekteer word deur kragonderbrekings. Sommige eenhede het ook televisies met DSTV.
Daar is ook veilige en genoegsame parkering vir ons gaste. Motors met sleepwaens is dus welkom en kan met gemak omgedraai word. Dit is ook buite sig van die straat, geslote agter ons outomatiese hek.